Wednesday 13 July 2011

Plant 'n granaat boompie in jou agterplaas

Granate (pomegranates) is klein boompies of as jy hul mooi snoei, groot struike wat pragtige vrugte vir jou kan lewer in jou eie tuin.  Hulle blom gedurende die lente en somer.  Granate groei op die meeste plekke maar verkies droë of halfdroë klimaatstreke met koel winters en warm somers.  Hou van volson, maar sal halfskadu verdra.  Taamlik droogtebestand.  'n Oulike boompie om in jou agterplaas te groei.