Wednesday 13 July 2011

Heerlike Hoender in Bier






















•1 heel hoender, in stukke gesny
•meel om hoender in te rol
•15 ml olyfolie
•60 g botter
•halwe koppie jenewer (gin)
•250 g repies spek, in blokkies gesny
•2 blikkies bier (soos Castle, Windhoek, Amstel)
•2 lourierblare
•30 ml tamatiepasta
•2 takkies vars tiemie
•20 klein uitjies (rooi variëteit)
•250 g klein wit sampioene
•30 g meelblom om sous te verdik
•sout en peper na smaak
•hand vol fyngekapte pietersielie

Rol die hoender in die meel en braai die stukke in die olie en botter tot bruin. Gooi die jenewer in die pan en laat dit warm word. Steek aan die brand en skud die pan tot die vlamme bedaar of die brandweer opdaag. Haal die hoender uit.

Braai die spek in die pan tot bruin en plaas dit dan in die oondbak saam met die hoender. Voeg bier by, asook die lourierblare, tamatiepasta en tiemie. Bedek die pot en laat alles vir 30 minute prut. Plaas dan die pot vir 2 uur in die oond teen 180° C. Hou dop - as dit uitdroog, voeg nog bier by.

Haal dan uit en voeg uitjies en sampioene by. Kook verder in oond of op die oondplaat tot uie sag is. Indien nodig, verdik sous met meelblom. Gooi pietersielie oor en sit voor met rys en hompe kraakvars brood.