Tuesday, 19 July 2011

Rabarber-broodpoeding


















4 porsies
  • 1 rabarberstingel
  • 50 ml witwyn
  • 60 ml suiker
  • 6 snye witbrood
  • 200 ml room
  • 4 eiers
  • sade van een vanielje-peul of 5 ml vanieljegeursel 
  • 1 ml fyn kaneel
  • versiersuiker, om oor te sif
Verhit oond tot 180 ºC. Was rabarber en sny ente af. Sny in dun skywe. Bring wyn tot kookpunt en voeg rabarber en 30 ml van die suiker by. Verlaag hitte en prut vir sowat 10 minute. Rangskik brood netjies in ’n gesmeerde oondbak (die snye moet oorvleuel). Klits room, eiers, vanielje, kaneel en oorblywende 30 ml suiker saam. Gooi mengsel oor die brood. Skep gaar rabarber oor brood en bak vir sowat 20 minute tot goudbruin. Sif versiersuiker oor.