Tuesday 5 July 2011

Raad vir ou bekers

Plant jou gunsteling vetplantjies in ou bekers.  Dis nie nodig om gaatjies onder in te boor nie, aangesien vetplante van minimale water lewe en jy hul dus nie te nat moet maak nie.  Groepeer bymekaar vir 'n mooi fokuspunt en rond af met klein klippies.  Ou teekoppies of teepotte kan ook hiervoor gebruik word.