Wednesday 6 July 2011

Mosaïek Potstaander










(ARTIKEL WAS IN ‘N IDEES TYDSKRIF)

Leer die basiese beginsels van mosaïek.

WENKE:  As jy op hout werk, kan jy ook gewone houtlym gebruik om die stukkies teël vas te plak. As jy op keramiek of glas werk, is dit beter om teëlgom te gebruik.
Jy kan jou eie kleur meng deur 'n bietjie PVA-verf in die kleur van jou keuse by wit voegbry te meng. (hier is hawermeelkleur by die wit voegbry gemeng)

Jy kan die teëls ook stukkend kap, maar dit sal meer splinter as wanneer jy 'n teëlsnyer gebruik. 'n Teëlsnyer gee jou meer beheer sodat jy die stukkies in die grootte en vorm kan sny wat jy verkies. As jy soos hier met die bordjie weer die item se oorspronklike vorm of patroon wil kry in jou mosaïekwerk, kan jy 'n digitale foto daarvan neem om later te raadpleeg. Om seker te maak die stukkies pas perfek, kan jy 'n nie-permanente merkpen gebruik om aan te dui waar jy die teël moet sny. Dit help veral vir die agtergrond of waar daar hoeke en snaakse vorms is.

Sny jou bordjie met 'n teëlsnyer in stukke. Pak die stukkies in die regte volgorde op die potstaander soos jy vorder.














Gebruik 'n teëlgom soos Tylon Superflex en plak die stukkies op die potstaander vas - 'n roomysstokkie werk lekker om die gom aan te wend.



















Sny die teël vir die agtergrond in stukkies en pak dit om die bordjie. Pak die stukkies met die gladde rande en die hoeke aan die buiterand en hoeke van die potstaander.
















Vul die hele agtergrond so in en plak dan die stukkies nes voorheen vas. Laat dit heeltemal droog word.




















Meng nou voegbry met bietjies-bietjies water in 'n plastiekbakkie totdat dit soos tandepasta lyk.



















Neem 'n skoon roomysstokkie en versprei 'n dik laag voegbry oor die hele oppervlak van die potstaander.














Werk die voegbry met jou vingers tussen al die teëlstukkies in en vee die oortollige voegbry sommer met jou hande af




















Vee die oppervlak met 'n klam spons verder skoon, laat die voegbry effens set en vee dit weer skoon. Herhaal tot die teëlstukkies heeltemal skoon is.