Wednesday 20 July 2011

Pynappel Nagereg


















Bestanddele

1 groot blik met 8 pynappel ringe
125ml room
2 eetlepels botter
½ koppie bruinsuiker
Vars gemmer
Swartpeper

Metode
Plaas pynappel ringe in braaipan met bietjie van die pynappel sous. Voeg room by, nie alles, jy kan altyd later meer byvoeg. Die pynappel moenie verdrink in die vloeistof nie. Voeg botter by. Strooi bruinsuiker oor pynappel, asook vars gemmer en baie swartpeper. Laat dit stadig prut, die suiker moet karamelliseer, dit sal effe taai raak. Bedien met roomys. Dit is baie soet en onweerstaanbaar!