Wednesday 20 July 2011

Plant 'n pynappel

Hier is ‘n oulike binne-huis plant wat jy self aan die groei kan maak. 
Wanneer jy weer ‘n pynappel by die winkel koop, sny die boonste blaar deel (kroon) ± 2 cm onder die loof af.  Laat die kroon lê vir ± 4 tot 5 dae voor jy dit dan plant in ‘n pot met “potting soil”. (Jy kan hormoonpoeier liggies aan die onderkant sprinkel.)

Jy kan ook die metode op die foto probeer deur dit, soortgelyk aan ‘n avokadopit, in water te sit met tandestokkies totdat dit wortels maak.
Hou uit direkte sonlig, maar in helder lig en in ‘n warm vertrek.  Sodra hy wortels gemaak het en gevestig is, kan jy hom verskuif na ‘n plekkie waar hy direkte sonlig kry.

Wanneer ‘n pynappel plant volwasse is en jy wil hê hy moet dra, volg die volgende metode:
1)      Plaas die plant in ‘n groot plastieksak saam met ‘n appel.
2)      Na 4 dae, verwyder die plant en sit in hom in die son.
3)      Blomme sal binne ‘n maand of twee vorm gevolg deur ‘n vrug.
4)      Die vrug neem omtrent 6 maande tot hy reg is vir pluk.