Wednesday 20 July 2011

Onderstebo-pynappelkoek / kolwyntjies























Geniet soos dit is of bedien met geklopte room of roomys.

(maak 8-10)

1 blik pynappelringe (410g)
¾ k bruinsuiker
¾ k sagte botter
½ k witsuiker
2 eiers, geklop
2 k meel
2t bakpoeier
½ t sout

Voorverhit die oond by 180ºC. Gooi die water van die pynappelringe af en hou die vloeistof. Klop die bruinsuiker met twee eetlepels van die botter. Gebruik dit om die holtes van ʼn kolwyntjiepannetjie mee te bedek. Plaas ʼn pynappelring aan die onderkant van elke holte. Klop die witsuiker, oorblywende botter en eiers tot romerig. Sif die meel, bakpoeier en sout in. Voeg ½ k van die pynappelvloeistof by. Gooi oor die pynappels en bak 20 minute.