Wednesday 20 July 2011

PYNAPPEL - KOOLSLAAI

















¼ k Okkerneute
3 k Fyngekerfde kopkool
1 k Ingelegde Pynappel-blokkies
1 k Malvalekkers in stukkies gesny
1 k Gekapte seldery
1 k Slaaisous
1 k Appelblokkies
¼ k Gekerfde Dadels (optioneel)

METODE:

Meng al die bestanddele liggies deurmekaar, sodat die slaaisous egalig deur alles versprei is. Voer ʼn slaaibak met vars slaaiblare uit en skep die gemengde kolslaai daarin. Versier met appel-skyfies

Wenk:  Slaaisous kan vervang word met mayonnaise wat soet gemaak is met ‘n bietjie kondensmelk