Wednesday 20 July 2011

Pynappel Hoender



















Gereg is genoeg vir 8 tot 10 mense

Bestanddele

1½ tot 2 kg gaar hoenderdye
1 k Hoender ekstrak
½ k Asyn
½ k Bruinsuiker
Sout na smaak
2 e Sojasous
1 Huisie gekapte knoffel
Skil van een lemoen
1 Blikke gedreineerde pynappelstukke
2 e Maizena

Metode

Plaas die hoender in 'n bak. Meng ekstrak, asyn, bruinsuiker, sout, sojasous, knoffel en lemoenskil. Verdik die sous met Maizena wat aangemaak is met 'n bietjie water.
Gooi die sous oor die hoender. Gooi nou die pynappelstukke oor die hoender. Maak toe en verhit in die oond totdat sous verdik.