Wednesday 20 July 2011

Geroosterde pynappel met brandrissie























SARIE - Februarie 2007

Die kombinasie van geroosterde pynappel met heuning, jogurt en brandrissie is baie verfrissend. Ja, dit ís ’n ongewone kombinasie, maar dis verrassend heerlik.

(4 porsies)

•2 pynappels, in skywe gesny
•5 ml droë brandrissie-vlokkies
•40 ml heuning
•laevet- Bulgaarse jogurt om voor te sit
•sowat 40 ml pampoenpitte
•nog heuning om voor te sit

Plaas die pynappelskywe in ’n oondbak. Sprinkel die brandrissievlokkies oor, gooi die heuning oor en bak in ’n voorafverhitte oond teen 180 °C vir sowat 15 minute. Skakel daarna die oondrooster-element aan en rooster vir 5 minute. Sit voor met Bulgaarse jogurt, pampoenpitte en sprinkel nog heuning oor.