Wednesday 27 July 2011

Pomelo-sorbet





















•    825 ml pomelosap

As jy ’n roomysmasjien het, plaas die sap in die masjien en volg die instruksies.

 As jy nie so ’n masjien het nie begin al die vorige dag met jou sorbet om seker te maak dit vries behoorlik.

Gooi die pomelosap in ’n vlak bak wat jy in jou vrieskas kan plaas. Maak nou bak met kleefplastiek toe en plaas in vrieskas.

Vrieskaste verskil, so hou dop wanneer die sap aan die kante van die bak begin vries, dan moet jy dit met ’n vurk roer om die yskristalle te breek. Roer dit nou so elke 3 uur totdat jy die gewenste tekstuur van die sorbet kry.

Sit voor in wynglase.



Resep van SARIE