Friday 15 July 2011

Peer-en-ryspuree vir baba

















Hierdie resep van Reuben Riffel, is ideaal vir babas tussen die ouderdom van 7 en 9 maande wanneer nuwe teksture en smake aan baba bekend gestel moet word. 

(Maak 75-100 ml)

2 groot pere, geskil en in blokkies gesny
1 k gekookte Thai-rys

Prut die pere in 2 eetlepels water vir 10 minute tot sag.  Laat effens afkoel.  Meng die gekookte pere en rys met ʼn vurk.

WENK:Die resep is geskik om te vries in ʼn ysbakkie.  Wanneer hard, haal uit en bêre in plastieksakke.  Merk duidelik met ʼn naam en vervaldatum en moenie langer as drie maande vries nie.