Friday 15 July 2011

Geroosterde varkrol met baba-pere























 (6 porsies)
  • 2 x 500 g varkrolle
  • 4 knoffelhuisies
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml botter, gesmelt
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol salie (sage), gekap
  • 150 ml witwyn
  • 6 baba-pere (forelle-pere werk die beste), gehalveer en ontklok
Verhit oond tot 200 °C. Gebruik 'n skerp mes en steek gate in die onderkant van die varkrol. Druk knoffel in die gate. Sny dun snye in die bo-laag van die varkrol en plaas op 'n bakplaat. Gooi olyfolie en botter oor. Geur goed met sout en swartpeper en sprinkel salie oor. Gooi witwyn in pan. Bak vir 30 minute en verlaag dan die hitte na 180 °C. Voeg pere by en bak tot gaar en sag - sowat 20 minute.

WENK:  Kyk by jou supermark se vleisafdeling vir klaar gerolde vark