Tuesday 19 July 2011

PAMPOEN MUFFINS

















Roline de Beer se resep

*2 kop gaar pampoen
*1\4 kop bruinsuiker
*1 eet botter, gesmelt
*2 eiers
*1\2 kop koekvrugte (opsioneel)
*1 kop Nutty Wheat-meel
*1 teel bakpoeier
*1\2 teel kaneel
*1\2 teel sout
*1\4 teel koeksoda
*Kaneelsuiker

1) Meng die pampoen, suiker, botter en eiers goed saam.
2) Roer die gemengde koekvrugte by, indien gebruik.
3) Voeg die meel, bakpoeier, kaneel, sout en koeksoda by, meng goed.
4) Skep die beslag in muffinpanne, die in die foto is met mini muffin panne gebak. (Eetlepel vol per holte)
5) Bak 12- 15 minute by 180 ºC tot gaar.
6) As jy liggies op die muffin druk moet dit terug bons, dan is dit gaar

Sit voor met kaneelsuiker of 'n lekker karamelsous.

#Ek het gewone bevrore pampoen gekoop en gaar gemaak. Dit moet net nie waterig wees nie.
#Hulle rys nie vreeslik hoog nie, maar ek moet se, ek kon nie Nutty Wheat Meel in ons dorpie kry nie en het 1 kop koekmeel en 'n kwart koppie fyn gemaakte All Bran Flakes gebruik.
Hulle is nog steeds baie lekker!, maar ek sal volgende keer eerder soek vir 'n volgraan meel. En ek dink die koek vrugte sal dit net na die regte "level" neem. Nogtans, my kinders eet dit! En dis al wat vir my saak maak, want daardie tweetjies EET NIE PAMPOEN NIE! Lol! Ek het dit op die afkoel rakkie gesit en toe ek terug kom in die kombuis het hulle SEWE geëet! =-o

ALLERGENE: Soos gewoonlik EIER
Weet nie of mens 'n PAMPOEN allergie kry nie.