Tuesday, 19 July 2011
Konfyt van aarbei, rabarber, vanielje en piesang
Reuben Riffel se resep – die perfekte geskenk vir ʼn kosliefhebber.
(Maak 1 – 2 flessies)
4 k rabarber of kersies, gekap
2 k aarbeie of frambose, gekap
½ k piesang, gekap
sap en skil van 1 suurlemoen
2½ k ligte bruinsuiker
2 vanieljepeule, oopgesny en sade uitgekrap
2 e brandewyn
Begin deur die rabarber, aarbeie, piesang, suurlemoensap en suurlemoenskil in ʼn pot saam te kook vir 4 – 5 minute. Voeg die suiker en vanielje by en kook 15 tot 20 minute oor medium hitte (roer aanhoudend). As die mengsel die agterkant van jou lepel bedek, is dit reg. Roer dan die brandewyn by. Skep die verkoelde mengsel in ʼn gesteriliseerde fles en bêre in die yskas.