Friday 8 July 2011

Hot Dog Rusper























Ja nee ek hou nie van hulle nie, maar hierdie gaan defnitief ‘n treffer wees by die seuntjies.

Die bene kan ook van pretzels gemaak word of enige iets anders sal ook werk.  Dit is maklik en vinnig om te maak.

Maak die worsie warm, sny dit in die helfte, sny nou die kop en die res van die lyf.  Sit op ‘n bord teken die bene met ‘n bietjie tamatiesous, sit ogies op (optioneel).

WENK:  Gebruik ‘n pakkie tamaties wat ‘n mens by die meeste kitskos eetplekke kry.  Ogies word uit kaas gemaak, gebruik ‘n strooitjie om hulle te druk.  Swartkolletjie kan met ‘n “food marker” gemaak word.