Tuesday, 26 July 2011

















'n Makliker manier om pizza te maak was daar nog nie, laat die kinders self besluit wat hulle op hul pizza wil sit.


Maak ongeveer 30 pizzas met 'n deursnee van 4 cm

Verhit oond tot 200 °C. Gebruik 'n 4 cm-koekiedrukker en druk 30 sirkels uit 'n 400 g-vel blaardeeg. Plaas sirkels op gesmeerde bakplaat.

Sny 100 g mozzarella-kaas in blokkies van sowat 2 cm. Pak op deegsirkels.

Halveer 30 klein rosa-tamaties en plaas bo-op kaas.

Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Kap so 10 vars basiliekruidblare fyn en sprinkel oor.

Bak vir 20 - 25 minute tot gaar en bros.

Rond af met klein vars basiliekruidblaartjies.



(Hierdie maklike resep was in 'n Sarie Tydskrif)