Thursday 21 July 2011

Mooi tuin sonder moeite

‘n Lae onderhoud tuin kan al te pragtig lyk.  Hier is plaveisel en klippies saam gebruik om ‘n interessante kontras te vorm.  Potte met helderkleurige blomme en groen struike is oral geplaas vir kleur en kan maklik met ‘n gieter water onderhou word.  Gladnie ure se tuinwerk nie, en die snoeiwerk is op ‘n klein skaal en kan maklik in ‘n middag opgeknap word.   Dis ‘n oulike idee vir mense wat graag ‘n mooi tuin wil hê, maar nie kans sien vir elke naweek se grassny en onkruid uit trek nie.