Thursday 21 July 2011

Handjies in die tuin - Vir eendag se onthou...

Hier is ‘n oulike Saterdag middag projek vir die gesin.  Neem ‘n plat plastiek bak, voer dit uit met ‘n swart plastiek tuinsak en gooi sement daarin.  Die sement mengsel moet effens droog wees, nie te nat nie.  Laat elkeen in die familie dan hul hand afdruk verewig, net soos in Hollywood.  Eendag as die kinders groot is, gaan daardie klein afdrukkies steeds in die tuin wees…