Thursday 21 July 2011

Appeltert


















Tannie Christine se Lekker Appeltert deur Roline de Beer


-1 blik tertappels
-3\4 kop melk
-3 eetl botter
-4 eiers
-3\4 kop suiker
-1 3\4 kop Bruismeel
-1 teel bakpoeier
-1 teel sout

Room die botter en suiker. Voeg die eiers by en klits tot gemeng. Voeg die melk by en klits tot gemeng. Sif meel, sout en bakpoeier by en meng tot 'n gladde beslag. Gooi in 'n gesmeerde oondbak. Druk die appelstukke in die deeg. Bak die mengsel by 180°C vir ongeveer 30-45 minute.

Sous:

-1 groot blik Nestle room
-1\2 kop melk
-1 to 3 eetl suiker (na smaak)
-2 teel karamel essence

Bring die bestanddele tot kookpunt en gooi kokende oor die warm poeding.