Benodig
· 12 teelepels Milo
· 1 liter melk
· 1 pak malvalekkers
· Versierlekkertjies (Hundreds and Thousands)
Metode
· Deel die Milo-poeier in vier bekers.
· Kook die melk en gooi dit by die Milo in die bekers en roer totdat die Milo opgelos is.
· Braai vir elke beker ’n paar malvalekkers oor lae kole en dompel dit in die warm Milo (Optioneel).
· Besprinkel elke beker nou met versierlekkertjies
· Laat dit ’n bietjie afkoel en roep die kinders!
(Die resep was in ‘n WegSleep Tydskrif)