Friday 8 July 2011

Glutenvrye sjokoladerolkoek






















8 groot eiers, geskei
140 g versiersuiker
40 g kakaopoeier

VULSEL EN BOLAAG1 x 380 g-blik karamel, effens geklits
125 ml room, geklits
1 x Flake, grofgekrummel
1 Smeer en voer 'n rolkoekpan uit.

2 Sif suiker en kakaopoeier saam in 'n bak.

3 Klits eiergele, versiersuiker en kakaopoeier saam tot goed gemeng.

4 Klits eierwitte totdat stywe punte vorm en vou daarna die eiergele in. Gooi in voorbereide koekpan en bak 20 -25 minute teen 180°C. Haal die koek uit die oond uit, keer dit op 'n klam vadoek uit en rol dadelik in die vadoek op. Laat afkoel.

5 Om af te rond: Rol die afgekoelde koek oop. Smeer drie kwart van die karamel oor die koek. Bedek met drie kwart van die geklitste room. Rol koek met behulp van die vadoek op.

6 Meng die res van die karamel en die room, smeer dit op die opgerolde koek en strooi die sjokolade-krummels oor vir versiering.