Monday 18 July 2011

Hoe om avokadopeer gou ryp te maak

As jy 'n klompie avokadopere gekry of gekoop het en net eenvoudig nie meer kan wag dat hul ryp word nie, hier's 'n plan.  Plaas die avokadopere saam met 'n appel, piesang of tamatie in 'n bruin papiersak.  Hou gereeld dop. Onthou die kleur van die skil gaan nie noodwendig vir jou 'n aanduiding wees of hy ryp is nie. Sommige avokadopere bly steeds groen.  Avokadopere word eers ryp nadat hul van die boom gepluk is.  Jy kan aan die bokant van die peer waar die "steeltjie" vas was, saggies druk en dit behoort vir jou 'n aanduiding te gee.