Friday 8 July 2011

Geelwortelrolkoek









Hierdie resep is deur Adri van Zyl met ons gedeel:  "Het hierdie koek gister by my vriendin geeet en sy het toe resep vir my gegee sy het dit uit 'n tydskrif afgeskyf eendag by die Dr se spreekkamer"

125 ml koekmeel
2,5 ml fyn kaneel
2,5 sout
3 eiers, geskei
125 ml strooisuiker
100 ml fyn gerasperde geelwortels
fyn gerasperde skil van 'n halwe lemoen

Vulsel
250 ml versiersuiker
45 ml botter
45 ml roomkaas
5 ml lemoensap

Versiering
15 ml suiker
50 g pekanneute, fyn gekap

Stel oond op 200 °C. Voer rolkoekpan uit met botterpapier wat 50 cm groter is as die boom van die pan, vou dit om in die pan te pas.

Sif koekmeel, kaneel en sout saam. Klits eiergele en strooisuiker in 'n ander bak tot lig en romerig. Vou wortels en lemoenskil in.

Klop eierwitte tot dit stywe punte vorm, en roer 'n derde daarvan in die beslag. Sif nou die meelmengsel bo-oor die beslag, vou dit in en vou daarna ook die orige eierwitte in. Skep in voorbereide pan, maak gelyk en bak 10 tot 12 minute of tot die toetspen skoon uitkom.

Sprinkel die suiker en die helfte van die neute oor die koek. Plaas 'n laag botterpapier bo-oor en dan 'n bakplaat. Draai versigtig om, trek papier af en rol op met behulp van die tweede stuk botterpapier. Laat koud word.

Maak nou die vulsel. Meng al die bestanddele saam tot glad. Voeg orige neute by.
Rol koek oop, smeer vulsel op en rol weer op. Hou in yskas tot nodig.

DIT WAS HEERLIK