Genoeg vir 2 melkterte
KORS
800 g (2 rolle) gekoopte skilferkorsdeeg
VULSEL
794 g (2 x 397 g-blikke) kondensmelk
1 100 ml water
2 kaneelstokkies
187 ml (¾ k) mielieblom
2,5 ml (½ t) sout
5 eiers, geskei
20 ml (4 t) botter
5 ml (1 t) vanielje
AFRONDING
ongeveer 15 ml fyn kaneel
Stel oond op 200 °C.
Kors Voer twee tertborde met 20 cm-deursnee wat met kossproei gespuit is met skilferkorsdeeg.
Hou in yskas tot benodig.
Vulsel Verhit kondensmelk, water en kaneelstokkies in groot kastrol tot kookpunt.
Maak mielieblom en sout met bietjie van kondensmelkmengsel tot gladde pasta aan.
Klits eiergele en voeg by mielieblommengsel. Roer tot glad. Voeg nog bietjie van kondensmelkmengsel by en roer goed.
Gooi mielieblommengsel by kondensmelkmengsel in kastrol. Roer gedurig tot begin verdik.
Verwyder van stoofplaat. Roer botter en vanielje by.
Klits eierwitte tot styf en vou by melkpap in.
Skep in skilferkorsdeeg en bak vir eerste 10 min. teen 220 °C. Draai hitte laer na 180 °C en bak nog 20 min. tot gaar.
Afronding Laat melkterte afkoel en sprinkel fyn kaneel bo-oor indien verkies.