Thursday 21 July 2011

GEROOSTERDE BEET- EN – ROOI-UIESLAAI























Genoeg vir: 8 porsies
Oondtemperatuur: 180°C

• 6 rooi uie, net skoongemaak, maar nie afgeskil nie
• sowat 10 middelslag-bete
• 125 ml balsemiekasyn
• 75 ml bruinsuiker
• 125 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2-3 knoffelbolle, by die stingelent deurgesny
• vars babaspinasieblare

1 Voorverhit die oond. Sny die uie, ongeskil, in kwarte. Sny die beet ook in kwarte. Plaas die uie en beet in 'n oondroosterpan en meng dit goed met die asyn, suiker en olyfolie. Geur met sout en swartpeper.

2 Plaas die knoffelbolle tussen die groente en rooster dit vir sowat 25-30 minute. Skep dit op die babaspinasieblare