Tuesday 26 July 2011

Die Beste Burger


















Ek koop glad nie meer “patties” in die winkel nie, dit proe net nooit lekker genoeg nie, of krimp so baie, ens.  Hierdie resep sal jy egter oor en oor gebruik om jou eie te maak.




















Bestandele (genoeg vir vier burgerfrikadelle):

400g goeie maalvleis.
‘n Handjie broodkrummels (jy kan ook bruinbrood met die korsies aan gebruik, week hulle net baie goed)
‘n Handjie vars gekapte pietersielie
Blaartjies van 1 takkie roosmaryn
1 vars knoffelhuisie, fyn gedruk
1 groot eier, effens geklits
2 Eetlepels gerasperde parmesan kaas
‘n Paar knypies grofgemaalde peper
‘n Paar knypies growwe sout




















Metode

 Meng al die bestandele goed deur (behalwe die sout). Gebruik slegs een eetlepel parmesan, die res gaan jy bietjie later nodig kry.

Maak vier burgerfrikadelle en laat dit vir ‘n half uur in die yskas in ‘n lugdigte houer staan.

Braai dit oor die kole of in ‘n lekker warm pan tot gaar. Terwyl ek dit braai, gooi ‘n  rooiwyn of balsemasyn oor, dit gee ‘n heerlike geur. Sprinkel die sout nader aan die einde van gaarmaakproses oor.

Sny vier burger broodjies in die helfte, smeer met goeie botter en rooster dit liggies in die oond tot goudbruin.




















Garneer dit met slaaiblare van jou keuse, basiliekruid ka nook gebruik word, dit werk goed saam met 'n snytjie vars tamatie. Sprinkel met die oorblywende parmesan. Gooi jou keuse van sous oor die burger.

Wenk:  As jy weer spaghetti bolognaise maak hou van die sous vir die burgers.