Wednesday 20 July 2011

BEVRORE PYNAPPELS






















Bevries geurige ryp pynappels sonder kneusplekke waarvan die lof maklik uitgetrek kan word.

Skil die pynappels en verwyder die ogies. Sny dit op soos verkies en sny die stronk uit. Verpak die pynappel en suiker in plastiekbakkies, onthou om uitsitruimte toe te laat.

Gebruik 250g wit suiker per 1 kg pynappelskywe of blokkies. Pak die vrugte in lae in die bakkies en strooi suiker oor elke laag.

Fyngemaakte pynappel: Roer 160g strooisuiker by elke 500g pynappelpulp en vries.