Thursday 21 July 2011

Balsem Kopiva in jou tuin

Bulbine frutescens – Balsemkopiva
‘n Pragtige en vrolike plant vir jou tuin wat oulike randplante uitmaak asook houer plante.  Die plantjie groei maklik.  Jy druk eenvoudig ‘n stukkie in die grond en omtrent drie weke later het jy ‘n nuwe plantjie.  Balsemkopiva plantjies benodig nie baie water nie, so dis waterslim plante en hulle oorleef taamlike swaar ryp redelik maklik.  Kan oorleef op baie droë gebiede.  Hou van volson.  Dis ‘n eg Suid Afrikaanse plantjie met baie medisinale waarde.  Die blaarsap word gebruik vir onder andere sere, skrape, gebarste lippe, aknee, liddorings, omlope en insek bytplekke. (Daar is nog vele meer.)