Tuesday 12 July 2011

Rosyntjiebrood

















1 pakkie van 500 g bruismeel

180 ml suiker

1 geklitste eier

125 ml water

250 ml melk

250 ml rosyntjies

5 ml sout

Glaseersel - (opsioneel)

Eier geklits met bietjie melk

Stel oond op 180°C.

Plaas al die bestanddele in 'n mengbak en meng tot 'n deeg. Skep in 'n voorbereide broodpannetjie. Smeer 'n bietjie glasseersel bo-oor. Bak 1 uur of tot toetspen skoon uitkom.

Laat 'n rukkie in pan afkoel, keer uit op draadrak en laat afkoel. Bedien met botter.



Wenke  Gebruik die res van die eier-melkmengsel van die glasseersel om Franse braaibrood te maak.