Friday 1 July 2011

ASPERSIE HOENDER GEREG Diabetiese


















10 ml Olyfolie
1 kg Hoenderporsies sonder vel (bv dye)
1 Groot ui in skyfies gesny
1 Hoenderaftrekselblokkie
300 ml kookwater
4 Heel kruienaeltjies
4 Heel peperkorrels
1 Lourier blaar

SOUS

250 ml Gedreineerde hoendersous
5 ml Mosterdpoeier
50 ml Cross en Blackwell Trim Laeolieslaaisous
430g blik Aspersieslaaitukke (215g gedreineer) maar moenie water weggooi nie
30 ml Mielieblom
60 ml Gedreineerde aspersiewater
75ml Gekapte vars pietersielie
60 ml fyngerasperde tusserkaas
3 provita-volkoringbrosbeskuitjies gekerummel

Verhit die olie en roerbraai die hoenderporsies en die ui tot vleis verkleuer
Los die aftrekselblokkie in kookwater op en giet oor die hoender
Voeg die gerumiddel by en laat die hoender 45 min prut
Dreineer die hoender en pak in ‘n oondskottel

SOUS
Verhit 250 ml sous waarin die hoender gaargemaak is. Roer die mosterdpoeier, slaaisous en aspersiestukke ny dei hoendersous en bring tot kookpunt
Meng die mielieblom en apsersiewater tot glad en roer by die kokende hoendersous
Roer en kook die osus 1-2min tot dik en gaar
Roer die pietersielie by die sous
Skep die aspersiesous oor die hoender
Meng die gerasperde kaas en die krummels en strooi oor die gereg
Bak 30-40 min by 180C tot die bolaag goudbruin en bros is
Sit die gereg warm voor saam met oondgebakte aartappels en groen slaai of gemengde groente.