Friday 1 July 2011

Glutenvrye brosbrood






















Maak: omtrent 30 vingers
Baktyd: 1¼ uur
Oondtemperatuur: 160 °C
500 g botter, saggemaak
500 ml versiersuiker, plus ektra vir versiering
500 ml glutenvrye meel
100 ml mielieblom
strooisuiker om oor te sprinkel
1 Klop die botter en versiersuiker saam tot glad. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die bottermengsel. Roer dit goed deur.
2 Knie die mengsel liggies totdat dit 'n sagte deeg vorm. Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit dit vir 15 minute in die yskas.
3 Haal dit uit die yskas en knie dit liggies om die deeg sag te kry. Druk dit in 'n oondpan van 20 x 30 cm en prik die deeg oraloor met 'n vurk. Bak dit vir 30 minute. Verlaag die hitte tot 140 °C en bak dit vir nog 45 minute of tot die brosbrood 'n ligte goudbruin kleur het.
4 Haal die brosbrood uit die oond en laat dit vir twee minute afkoel. Sny dit in vingers en sprinkel strooisuiker oor. Laat dit effens afkoel voor jy dit uit die oondpan haal en op 'n draadrakkie laat afkoel. Sif 'n bietjie versiersuiker bo-oor.