Monday 27 June 2011

Wraps/Rotis


















Roline De Beer
Die was middagete! Wraps/rotis met Marokaanse stew (eintlik opgefiefde Beef Stroganoff :-)). En ja!, ek het die wraps self gemaak!

En hier is die WRAP/ROTI se resep as iemand dit wil probeer. Nooit gedink dis so maklik nie!

VINNIGE MAKLIKE WRAP:

3k meel
1 eetl olie
1t sout
1 1/2 kp kookwater

Jy voeg dit als bymekaar(versigtig is bietjie warm) Bewerk en knie tot lekker stywe, uitrolbare deeg.

Rol gholfbalgrote balle, poeier met meel en rol elkeen so 1 tot 2 mm dik uit.
Bak dit in 'n warm (nie rooiwarm), l.w. vetvrye pan net tot dit begin blase maak. Kyk dat nie brand ...nie.

Draai om en bak ander kant.

Wenk van Roline:  Die eerste paar het maar woes gelyk! Maar gooi genoeg meel op die toonbank. Dan meel op die deeg. Rol so bietjie, draai 90 grade. Rol bietjie, draai 90 grade. Tot dit mooi rond en dun is. Dan in 'n warm warm pan. Laat die pan eers op die plaat staan en warm raak vir 'n ruk. Droë pan