Monday 27 June 2011

Hergebruik ou blikkies

Ou verfblikkies kan nuwe lewe kry en 'n nuttige pakplek vir jou of die kinders se kamer maak.  Trek hul eenvoudig oor met mooi geskenkpapier en gom  hul dan aanmekaar vas in die vorm wat jy hul graag wil hê.  (Dalk soos hier op die foto).  Hulle maak handige bereplek vir al daardie los goedjies in en om die huis wat net altyd in mens se pad lê.  (Ook ideaal vir die garage en naaldwerkkamer.)