Monday 27 June 2011

SIMBA SKYFIES















Sny 'n groot of twee medium grootte artappels in papierdun skyfies. Ek gebruik ons ou broodsnyer:





















Die skyfies moet so dun wees dat hulle opkrul wanneer jy dit sny.

Spoel  nou die skyfies in water af. Gooi 'n vadoek op 'n werkvlak en strooi die skyfies in een lagie op die vadoek. Gebruik 'n tweede vadoek om die skyfies droog te "klad".

Bak in warm olie (ek stel ons "tjipsmaker" op 150°C) totdat goudbruin. Dit is nie nou die tyd om 'n dop te gaan gooi nie. Die verskil tussen gaar en brand is letterlik sekondes. Sodra hulle goudbruin is, haal dadelik uit die olie.

Voer 'n vlak bak (oondbak) met handdoekpapier uit en strooi die gaar skyfies in 'n enkellaag daarop. Skud die bak sodat soveel olie as moontlik geabsorbeer word. Strooi jou geursel oor en siedaar!

WENK:  Ek gebruik gewone sout, maar my kinders hou van die sout en asyn speserye wat jy in 'n botteltjie kry. Soms gooi ek "gunsmoke grill" (Pack n Spice) oor, maar wees versigtig anders brand die spul jou mond. Daar is verskeie geursels beskikbaar (bv. kaasgeursel) wat gebruik kan word t.w.v. afwisseling.

(Resep van 'n facebook vriendin ontvang)