Friday 10 June 2011

WEEK 5 SPYSKAART EN RESEPTE

WEEK 5 - SPYSKAART

MAANDAG                           Spaanse Hoenderdye
DINSDAG                              Thai-style mince patties
WOENSDAG                         Soetrissies met Koeskoes
DONDERDAG                       Vinnige Spek-en-Boontjiesop
VRYDAG                                Roerbraaiseekos met noedels

WEEK 5 - RESEPTE


SPAANSE HOENDERDYE  - Genoeg vir 4 mense

Benodig:

5ml Paprika
4 – 6 hoenderdye
Sout en vars gemaalde Swartpeper
30ml Olyfolie
150g Spekvleis, gesnipper
1 Ui, gekap
2 Knoffelhuisies, fyn gekap
1 groen Soetrissie, pitter verwyder en in repe gesny
1 rooi Soetrissie, pitter verwyder en in repe gesny
1 blik (410g) heel Tamaties, gekap
10ml gekapte vars Origanum

Vryf die paprika in die hoenderprosies en geur met sout en peper.  Verhit die olie in ‘n groot plat pan en braai die hoenderprosies tot die vel mooi bruin is.  Skep die hoender uit en hou eenkant.  Braai die spekvleis sowat 1 minuut in dieselfde pan.  Voeg die ui en knoffel by en soteer oor matige hitte tot die ui sag is.  Voeg die soetrissies by en soteer 1 minuut.  Roer die tamaties by en geur met sout en peper na smaak.

Voeg die gebraaide hoender by, sit die pan se deksel op en laat prut sowat 20 minute of tot die hoender gaar is.  Roer die origanum by en sit voor met rys of vars ciabatta.

THAI-STYLE MINCE PATTIES - Serves 4

Patties:
500g lean beef mince / beef and ostrich mince
½ bunch Spring onions, chopped
1 tbsp (15ml) Garlic, ginger and dhania paste
1 Chilli, chopped
1 small Egg, beaten
3 tbsp (45ml) dry Breadcrumbs
Salt and milled Pepper
Olive Oil for frying

Sauce:
Olive oil for frying
½ bunch Spring onions, chopped
1 tbsp (15ml) Garlic, ginger and dhania paste
1 – 2 tsp (5 – 10ml) ground Cumin
½ can (200g) reduced-fat Coconut milk
½ cup (125ml) Cashew nuts or Peanuts, crushed
2 tbsp (30ml) Soy sauce
Coriander to serve

Mix patty ingredients together and season.  Shape mixture into patties.  Heat a little oil in a pan and fry patties until well browned and cooked through.  Drain on paper towel and set aside.

Heat olive oil and fry spring onions until soft, add paste and fry for a further minute.  Add cumin, coconut milk, nuts and soy sauce and cook until sauce thickens.  Season and serve with patties.

HINT: Cut fat by using chicken mince

SOETRISSIES MET KOESKOES

Genoeg vir 6 mense

Benodig:

6 middelslag rooi Soetrissies
125ml Water
30ml Olyfolie
knippie Sout
125ml Koeskoes
15g Botter
100g Speseryworsies, in stukkies gesny
1 klein roo Ui, fyn gekap
100g Sampioene, fyn gekap
Sout en vars gemaalde Swartpeper
Ekstra Olyfolie
Vars Basilieblare

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n middelslag-oondbak met olie.

Sny die boonste gedeelte van elke soetrissie af en verwyder die membrane en pitte aan die binnekant.

Bring die water en die helfte van die olie tot kookpunt en roer die sout en koeskoes by.

Verlaag die hitte, plaas die deksel op en stoom die koeskoes tot uitgeswel.  Roer die botter by en laat staan nog sowat 5 minute.  Vlok die koeskoes met ‘n vurk.

Verhit die res van die olie en braai die worsies, ui en sampioene ‘n paar minute.  Geur met sout en peper.

Roer die worsiemengsel by die koeskoes in en laat effens afkoel.  Roer die kaas by en skep die koeskoes in die soetrissies.

Besprinkel met olyfolie en bak sowat 30 minute of tot gaar en geurig.  Gerneer met basilieblare.

WENK:

Fetakaas kan ook gebruik word.

VINNIGE SPEK-EN-BOONTJIESOP


Bedien 4


Olyfolie, vir braai
1 bossie Sprietuie, gekap
1 pakkie (250g) Rugspek, in stukke gesny
2 teelepels (10ml) gemaalde Koljander
2 teelepels (10ml) gemaalde Komyn
2 blikke (400g) Vierboontjies
1 blik (410g) Gekapte Tamaties
3 koppies (750ml) Hoenderaftreksel
Sout en gemaalde Peper

Verhit ‘n bietjie olie in die pan en braai sprietuie en spek vir 4 – 5 minute. 

Voeg res van die bestanddele by en laat vir 10 – 15 minute prut. 

Voeg geurmiddels by en bedien

ROERBRAAISEEKOS – Genoeg vir 4 mense


Benodig:

20ml Sonneblomolie
800g Marinara-Seekosmengsel
2 Uie, in dun skyfies gesny
2 stingels Suurlemoengras, baie fyn gekap
2 Knoffelhuisies, fyn gekap
5ml Vyfspeserypoeier
500g Groenboontjies, in 5cm lengtes gesny
60ml Oestersous
40ml Sojasous
20ml Lemmetjie- of suurlemoensap
1 hand vol vars Koljanderblare

Verhit die helfte van die olie in ‘n wok of groot braai pan en roerbraai die seekos in kleiner hoeveelhede per keer tot bruin en gaar.  Skep uit en hou eenkant.

Verhit die res van die olie in dieselfde wok of pan en roerbraai die uie, suurlemoengras, knoffel en vyfspeserypoeier tot die ui sag is.

Voeg die boontjies by en roerbraai tot die boontjies sag is. 

Voeg die gebraaide seekos, oestersous, sojasous en sap by en roerbraai tot die souse begin kook.  Roer die koljanderblare by.

Sit dit dadelik voor saam met noedels, indien verkies