Friday 10 June 2011

Warm brakkie - Honde kussing

Hou jou viervoetkind hierdie winter warm met 'n handdoek-kussing geskik vir 'n koning.

Neem 'n ou handdoek of twee en werk dit aanmekaar vas soos 'n duvet-sloop.  Stop dit so dik as wat jy dink nodig met kussing vuller en werk vas.  Jy kan dit versier met bv. knopies of strikkies of as jy meer kreatief wil raak, kan jy jou hondekind se naam daarop borduur.

As jy nie weet waarmee om dit te vul nie, dink bietjie watter kussing in jou huis is lankal plat gelê en kort eintlik om vervang te word.  Gebruik die vulsel, of maak 'n duvet oortrekseltjie vir die kussing van ou handdoeke.  Jy kan dit dan maklik aftrek en in die was gooi.

Ook natuurlik geskik vir jou kattekind.