Tuesday 28 June 2011

VIS IN FOELIE Diabetiese

Aluminiumfoelie
500 g bevrore stokvisfilette of vis van jou keuse
25 ml vars suurlemoensap
5 ml gerasperde suurlemoenskil
vars gemaalde swartpeper na smaak
10 ml droe gemengde kruie
1 ml knoffelsout
1 ml sout
1 middelsag ui gekap
50 ml gekapte vars pietersielie
Chilli (kan uitgelos word)

Plaas 2 lae aluminiumfoelie op ‘n bakplaat
Pak die visfilette op foelie en geur met res van die bestanddele behalwe die pietersielie. Vou die foelie toe en verseël die nate om te voorkom dat die sous uitloop
Bak 30-35 min by 180C
Bedien saam met gekapte vars pietersielie en suurlemoen wiggies of ‘n witsous en oondgebakte aartappels met gemengde groenslaai