Tuesday 28 June 2011

Kaasstrooitjies
















1 rol skilferkorsdeeg
60ml soet rissiesous
250ml fyngerasperde belee cheddar
1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 200*C

Rol die deeg effens dunner uit.

Smeer die hele oppervlak met soet rissiesous en sny in die helfte.

Sprinkel die kaas oor die een helfte (tot in die hoeke) en sit die ander helfte van die deeg bo-op. (So 'n bietjie rooipeper sal ook heerlike wees)

Rol liggies oor die deeg met ‘n koekroller en smeer met geklitste eier.

Sny in repies en draai om ‘n spiraal te vorm.

Pak op die bakplaat en bak vir ongeveer 10 minute tot goudbruin en gepof.

Laat op die bakplaat afkoel en bere in ‘n lugdigte houer wanneer heeltemal koud.