Tuesday 28 June 2011

Oondgeroosterde tamaties met tiemie


Halveer 10 pruimtamaties, voeg gekapte knoffel, olyfolie, balsemiekasyn, vars tiemietakkies, ’n sprinkel bruinsuiker en sout en peper by.

Pak dit op ’n bakplaat en rooster vir 20-30 minute in ’n warm oond. Roer die tamaties deur warm pasta, sit dit voor saam met ’n frittata of verpulp dit saam met ’n blik keker-ertjies en aftreksel vir die allerheerlikste sop.

’n Heerlike plan met ’n tamatie