Wednesday 1 June 2011

Verf Wenke deur Arno Tietz -Geldenhuys
















Ja, om nuwe huis te bou is groot pret maar so gesukkel om die regte kleur te kry.

Onthou dat jy met kleur inpak kan maak, en dat verf makliker is om te vervang as bv muurpapier. As basis werk jy met twee ideas:

1. Verf in neutrale kleure: wit, room, bruin of grys
2. Gebruik wat jy tans vir die vertrek het om jou kleur inspirasie te gee.

Op die meegaande foto het ons inpak op standaard room mure gemaak deur gebruik te maak van Dulux Natural Taupe en blokke op die muur te verf. Op die manier kan elke kamer bv in standaars kleur geverf word en inpak word gegee van daar af. Jy kan ook in alle vertrekke 3 van die mure dieselfde kleur verf en die 4de muur in kontrasterende kleur.

Ja, baie mense probeer ook altyd verskillende verf tegnieke, maar as jy nie vertroud met dit is nie en self wil doen kan dit tot BAIE fustrasie lei!

Daar is soveel aanplak "dekals" wat mens deesdae kry om kinder mure ook op te kikker. So verf die kamer in bv mooi sagte pink en geel bane en kry "butterfly" stickers en sit dit op die mure.

Of doen 'n bruinmuur in die seuntjie kamer en sit seerower stickers op.

Indien daar gladde sementmure in die kinders se kamers is oorweeg ook om swartbord verf te gebruik. Koop 'n mooi raam en sit dit teen die muur om die blok wat jy met die swartbord verf geverg het.

Om 'n klein badkamer met ligte teels groter te vertoon...gaan donker! Ja ek weet hulle se ligte kleur maak 'n vertrek groter, maar probeer donker bruin mure saam met room teels en ewe skielik reflekteer daai wit dat SO baie lig in die vertrek in, dan dit voel of daar extra ventsters in die vertrek is!

Ek hoop dit help om paar ideas te gee!