Wednesday 1 June 2011

Jou gunstelingwors




















Jou gunstelingwors, vars rolletjies & tamatiesmoor.
Tamatiesmoor:
• 1 middelslag-ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 2 blikke gekapte tamatie
• 2 eetlepels tamatiepasta
• 1 eetlepel witsuiker
• 2-3 eetlepels olyfolie

• 1 hoë teelepel droë Italiaanse kruie of 2-3 teelepels vars origanum of ’n hand vol vars basilie
• sout en swartpeper, na smaak

Só maak jy
1. Braai die uie tot glasig en gooi die knoffel by.
2. Gooi die tamaties, tamatiepasta, suiker en olyfolie by. Laat dit sowat 20 minute prut totdat die smoor verdik en blink lyk.
3.Geur dit na smaak met die kruie, sout en swartpeper.