Monday 6 June 2011

Tuin Paadjie van mosaiek

Wintertyd is die ideale tyd om 'n nuwe tuin paadjie uit te lê of 'n bestaande een bietjie te hernu. 

Een idee is om in stede van gewone sement stap blokke, elke stapblok te mosaiek in 'n unieke patroon.  (soos hier op foto).  Onthou net mosaiek stapblokke kan baie glad raak in reën weer, so dis dalk meer geskik vir beskermde areas.

'n Ander idee is om 'n natuurlike paadjie van boombas te maak en behou 'n woud-gevoel in jou tuin deur dit te omring met varings.  As die paadjie onder bome deurloop kan dit veral goed werk.

Hou in gedagte wie die paadjie gaan gebruik wanneer jy begin met die uitleg.  Wanneer bejaarde mense of mammas met stootwaentjies die paadjie gaan gebruik, onthou dat gruis nie altyd 'n maklike loop oppervlak uitmaak nie en wanneer klein mensies elke dag die paadjie moet gebruik, gaan jy dalk oorweeg om die stapblokke bietjie nader aan mekaar te plaas.