Tuesday 28 June 2011

Tekenpapier


Kyk net hierdie oulike wenk van Ditjies en Datjies!
Kleuters wat krabbel: Soek jul gesin gedurig papier vir Kleinboet of Kleinsus om op te teken? Probeer gerus hierdie raad. Laat ’n paar velle wit papier (A3-grootte) by ’n drukker of skryfbehoeftewinkel lamineer. Nou kan die kleuter met vetkryt daarop teken—en as die tekensessie verby is, kan jy dit met bensien afvee.