Friday 3 June 2011

SPYSKAART - WEEK 4


MAANDAG                            Groentebrijani
DINSDAG                              Pampoensop
WOENSDAG                         Romerige Macaroni met Ham en Soetmielies
DONDERDAG                       Tunatert
VRYDAG                               Gevlekte Hoender oor die kole met ‘n slaai

RESEPTE - WEEK 4

GROENTEBRIJANI - Bedien 4 mense


Benodig:

Olyfolie, vir braai
1 Ui, fyngekap
1 pakkie (350g) Brijani-rysmaaltydpak
½ pakkie (500g) bevrore Blomkool
1 klein pakkie (80g) jong Spinasie
¼ pakkie (25g) Amandelvlokke, gerooster en gereed om op te dien
Vars Koljander en ongegeurde Joghurt, gereed om op te dien

Verhit ‘n bietjie olie in ‘n kastrol en braai uie tot die begin verbruin.  Voeg rys by en roerbraai vir ‘n paar sekondes.

Meng die sakkie speserye (uit die pak) met 900ml water en giet oor die rysmengsel.

Verhit rys tot dit kook, verminder hitte, bedek en laat vir 35 minute prut.  Voeg groente by en kook vir nog 5 – 19 minute, of totdat blomkool gaar is.

Maak rys los met ‘n vurk en bedien met amandelvlokke, koljander en joghurt.





PAMPOENSOP - Genoeg vri 6 mense


Jou ma was reg, pampoen is goed vir jou.
Dit sorg vir baie meer as rooi wange en krulhare….

Benodig:

30ml Botter
2 Uie, in skywe gesny
500g Pampoen of botterskorsie, geskil en gekap
1.5l Hoenderaftreksel
1 Selderystingel, gekap
2 Aartappels, gekap
15ml Suurlemoensap
5ml Kerriepoeier
2ml fyn Komyn
3ml fyn Koljander
Sout en vars gemaalde Swartpeper na smaak

Verhit die botter in ‘n kastrol en sorter die uie en pampoen 5 minute oor matige hitte terwyl jy gedurig roer.  Voeg die aftreksel, seldery, aartappels, sap, kerrie, komyn en koljander by, sit die deksel op en laat 30 minute prut.  Maak dit fyn in ‘n voedselverwerker, geur met sout en peper en verhit voor ete.



ROMERIGE MACARONI MET HAM EN SOETMIELIES

Bedien 4 persone - Benodig:

1 pakkie (500g) Macaroni
1 blik (250ml) Suurroom
1 groot Eier, geklits
1 blik (410g) Roomsoetmielies
1 pakkie (125g) Laevetham, in repies
1 bossie Sprietuie, gekap
Sout en varsgemaalde Swartpeper
1 koppie (250ml) Cheddarkaas, gerasper

Voorverhit oond tot 180°C.  Maak pasta volgens aanwysings op pakkie gaar.  Dreineer en plaas in ‘n groot oondvaste bak.

Meng res van bestanddele, voeg enige geurmiddels by en roer by pasta in.  Bedek met kaas en bak vir 20 – 25 minute tot goudkleurig.



TUNATERT - Genoeg vir 4 mense

Benodig:

4 Eiers
60ml Mayonnaise
250ml Melk
30ml Blatjang
4 snye Brood, in water geweek
1 blik (170g) tuna, gedreineer
1 Ui, gekap
10ml gekapte vars of 5ml droë gemenge Kruie
Sout en vars gemaalde Swartpeper na smaak
250ml Kaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180°C.  Smeer ‘n groot tertbak deeglik.  Klits die eiers, mayonnaise, melk en blatjang saam in ‘n mengbak.  Meng die brood, tuna, ui en kruie by en geur met sout en peper.  Skep dit in die voorbereide bak en sprinkel kaas oor.  Bak 30 minute of tot gaar en sit dit saam met slaai voor.



GEVLEKTE HOENDER OOR DIE KOLE MET ‘N SLAAI - Genoeg vir 6 mense


‘n Wye verskeidenheid gevlekte hoenders in allerhande marinades is deesdae beskikbaar, maak seker jy kyk na die vervaldaum voor jy die hoender koop.

Benodig:

1 groot gemarineerde gevlekte Hoender

Braai die hoender oor matige kole tot gaar – ‘n ketelbraaier met ‘n deksel werk uitstekend.  Gebruik andersins swaardiensfoelie of ‘n groot deksel en plaas dit oor die hoender sodat jy ‘n soort “oond” vir die hoender kan maak.

Indien die hoender te donker braai voor dit heeltemal gaar is, kan jy dit die laaste paar minute in ‘n voorverhitte oond van 180°C plaas.

Sny die hoender in stukke en sit dit voor saam met slaai.

WENK:

Gebruik hoenderprosies pleks van ‘n heel hoender – dit word gouer gaar.  Ontbeende hoender (wat effens duurder is) word ook gouer gaar.

Die kole moet matig warm wees, anders gaan die marinade swart wees lank voor jou hoender gaar is.

Bedruip die hoender heeltyd met die marinade om dit ekstra geur te gee.