Thursday 2 June 2011

Blikbroodjie

Bestanddele:
6 skoon lee blikkies
1 kg bruismeel
10 ml sout
2 blikkies bier


So gemaak:

Voorverhit oond tot 190°C
Sif die bruismeel en sout saam.
Voeg die bier by en meng goed met ‘n houtlepel.
Smeer 6 leë skoon blikkies  goed met botter
Verdeel die deeg in gelyke dele en druk vas is  gesmeerde blikkies. laat staan vir 15 min
Bak  nou in voorverhitte oond,  30 min tot goudbruin.
Laat effens afkoel
Gebruik ‘n eet mes om die broodjies effens los te wikkel en keer versigtig uit die blikkies.
Sit voor met botter en heerlike konfyt, fyn gerasperde kaas.

(Boerekos)