Tuesday 28 June 2011

Tiemie - Thymus vulgaris






















Verskeie variëteite van dié spreiende struike is beskikbaar, van donkergroen grondbedekkers tot welige rankstruike.

Kweekwenke
• Tiemie hou van taamlike arm grond, baie sonlig en droë voete. Goeie dreinering is belangrik.
• Vermy ryk tuingrond en oordadige bemesting, anders sal dit geurlose blare en baie
minder blomme produseer.
• Plant tiemie in beddings óf potte.  Verdeel ouer plante of koop saailinge of saad.
• Gee in die lente kompos, snoei houtagtige takke uit en gee goed water.

Oeswenke en gebruike
• Hoe meer jy tiemie pluk, hoe meer floreer die plant.
• Suurlemoentiemie is heerlik in kos wat met kruie en speserye berei word. Dis veral lekker saam met seekos- en lamsgeregte.
• Tiemie kan reeds vroeg in die kookproses bygevoeg word omdat die geur nie wegkook nie. Moenie te veel gebruik nie.

WEET JY?
Tiemie is gelukkig op ’n vensterbank en die plant het nie baie aandag nodig nie.

(Kyk onder resepte vir oondgeroosterde tamaties met tiemie)