Monday 6 June 2011

Marjolein - Origanum majorana




















Dié mooi en geurige krui met sy trossies wit of pers blomme word dikwels in die Engelse en Franse kookkuns gebruik.  Marjolein kan maklik gedroog en in lugdigte bottels op ’n koel, droë plek bewaar word.

Kweekwenke
Plant in volson of ligte skaduwee.
Dit groei in enige grond, buiten klei, maar goeie dreinering is belangrik. Sanderige
grond met baie kompos is ideaal.
Kweek dit in die lente van steggies of saad.
Breek gereeld blomknoppe uit om die vorm van die plant te behou en te keer dat die plant te vinnig saad skiet.

Oeswenke en gebruike
Pluk die blaartjies vir slaai, of kap en sprinkel oor roereier.
Pak marjoleintakkies op die braaivleisrooster om vleis te geur.
Marjolein is ’n gunsteling onder bye en skoenlappers en help om plantluise weg te hou as dit naby rose geplant word.

Kyk onder resepte vir die volgende resep:  Sagte kaas met marjolein



Marjolein het ’n speseryagtige smaak wat delikater geure eerder aanvul as verbloem.
– Francois Ferreira, kosskrywer