Monday 6 June 2011

Sagte kaas met Marjolein















Meng 500 ml sagte kaas (maaskaas, roomkaas of ricotta) met 250 ml dik room en 30 ml fyngekapte marjolein. 

Geur dit met sout en peper.

Klits 3 eierwitte styf en vou dit in.

Skep die kaas in vormpies met gaatjies in die bodem en uitgevoer met moeseliendoek.

Sit oornag op ’n skinkbord in die yskas.

Keer die vormpies uit en sit dit voor saam met geroosterde tamaties.

Wenk:  Kan bedien word as ‘n voorgereg of ’n ligte ete